
=====================================================================
Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Vennootskap van inheemse tale is prioriteit

Andr van der Walt gee die nuwe Taalsekretariaat se siening van die gesamentlike toekoms van die land se inheemse tale.

ONS lewe nou in die "regte" Suid-Afrika: dit is nou die reg op gelykheid voor die reg, die reg op menswaardigheid, dit is menseregte, 
individuele regte, en les bes is dit taalregte.

Om in Suid-Afrika van taalregte te praat, is 'n hele mond vol. Die Grondwet van 1996 skep in artikel 6 die reg op die erkenning van elf 
amptelike tale, en dan moet hierdie tale "gelykheid van aansien geniet en billik behandel word". Dit is 'n "tall order".

Die Grondwet van 1996 het die taallegkaart onherroeplik verander. Tot en na 1994 (die tussentydse Grondwet) was daar net twee amptelike 
tale, nl. Afrikaans en Engels. In leketaal beteken 'n amptelike taal of amptelike tale die taal of tale waarin die owerheid sy sake met sy 
burgery doen. Die staat kan nie wetgewing maak wat die private sektor verplig tot 'n bepaalde taalkeuse of taalbeleid nie. Die grootste 
verandering rondom die taaltabel is dat daar voor 1996 amptelik 'n verdeling was: twee amptelike "wit" tale wat deur wetgewing beskerm was, 
teenoor die swart inheemse tale; die verdeling is vandag tien inheemse tale wat uit Afrika gegroei het, teenoor die magtige wreldtaal 
Engels.

Dit is 'n feit dat die voortbestaan van Afrikaans as 'n moderne taal met hor funksies vandag bedreig word deur verskeie faktore, waarvan 
die grootste is dat die moderne tegnologie, die media en die medium tot geleentheidskepping en verbetering van mense se lewenstandaard 
Engels is. Afrikaans en die swart inheemse tale is vennote in die stryd om taaloorlewing teen die aanslag van Engels as wreldtaal van die 
ekonomie en die tegnologie.

Die Suid-Afrikaanse kultuur, die taalkunde en die literre poel sal onherstelbaar verarm as die taalerosieproses nie gestuit word nie. Wie 
weet watter onopgetekende literre skatte is nog onontdek in die swart inheemse taalkultuur? Die Afrika renaissance beteken tog sekerlik 
ook die renaissance van die inheemse swart tale. As die inheemse swart tale nie 'n sentrale faktor in die renaissance-proses is nie, sal 
die proses, as dit slaag, net 'n buitepos van 'n neokolonialisme hier in Suid-Afrika skep.

In die vennootskap tussen Afrikaans en die swart inheemse tale in hul stryd om taaloorlewing is Afrikaans die senior vennoot. Dit is waar 
dat Afrikaans as gevolg van historiese bevoordeling gegroei het. Dit is ook waar dat Afrikaans 'n proses van verengelsing deurstaan het, en 
oor die krag beskik het om 'n sterk literatuur en terminologie te ontwikkel. Daar is geen rede waarom die swart inheemse tale nie ook hul 
taalstatus kan verhoog nie.

Die vennootskap tussen Afrikaans en die swart inheemse tale is 'n meervlakkige verwantskap. Dit moet uitdrukking vind in konferensies en 
spanne om die probleme van veeltaligheid in die onderwysomgewing te identifiseer en Afrikaans en een swart taal verpligte skoolvakke te 
maak.

Een van die hoofdoelwitte van die Taalsekretariaat, wat op Stellenbosch gesetel is, is om konkrete gestalte te gee aan 'n vennootskap met 
swart inheemse tale deur gesamentlike projekte te onderneem. Dit is om di rede dat die Taalsekretariaat in samewerking met die IiLwimi 
Sentrum vir Veeltaligheid by die Universiteit van Wes-Kaapland 'n taallaboratorium ingerig het waar Xhosasprekende studente in praktiese 
Afrikaans onderrig word. Moedertaalonderwys word deur die Grondwet as 'n reg erken, maar in die praktyk is dit baie moeilik bereikbaar, 
veral in gebiede waar swart skoliere skole in bruin gebiede bywoon. Die IiLwimi Sentrum het 'n leermodule vir veeltalige klasonderrig 
ontwerp wat in projekte toegepas word. Die Taalsekretariaat ondersteun die sentrum in hierdie projekte. Dit kom daarop neer dat 
leermateriaal in drie tale vertaal word, en dat onderwysers onderrig word om 'n veeltalige situasie te hanteer.

Die vennootskap van inheemse tale moet in die eerste plaas die vloedgolf van verengelsing tehou. Dit is gebiedend noodsaaklik dat 
doeltreffende taalwetgewing in die wetboek geplaas word wat in letter en gees die taalopdrag van die Grondwet nakom. Dit beteken dat, met 
inagneming van sekere voorskrifte, die nasionale regering en die provinsiale regerings ten minste twee tale moet gebruik in hul 
kommunikasie met die publiek. Dit is ongrondwetlik vir 'n staatsdepartement of munisipaliteit om te verklaar dat die publiek net in een 
taal bedien sal word. Die vennootskap tussen die inheemse tale moet so heg gesmee word dat al tien inheemse tale gesamentlik daarop 
aandring dat hul grondwetlike taalreg in taalwetgewing verskans word.

Ten tweede moet die private sektor se gruwelike miskenning van die veeltalige karakter van die verbruiker tegegaan word. Die vennootskap 
tussen die inheemse tale moet konkreet gestalte vind in die mobilisering van die verbruiker se gevoelens. Die verskaffers van 
verbruikersgoedere moet daarvan bewus gemaak word dat verbruikers taalsensitief is. Die verbruikers moet aandring op die erkenning van hul 
veeltalige voorkeure. Daar kan nie van die private sektor verwag word om al elf amptelike tale gelyktydig in die bemarking van hulle 
produkte te gebruik nie, maar dit is ook onaanvaarbaar dat net een taal in advertensies en in die beskrywing en bemarking van produkte 
gebruik word. Die antwoord l iewers tussen die twee uiterstes.

Die vennootskap van Afrikaans en die swart inheemse tale moet help om hier antwoorde te vind.

En dan bly geloof en hoop en die wil om die inheemse taalregte te handhaaf oor! Die grootste hiervan is die wil. Andr van der Walt is die 
uitvoerende hoof van die Taalsekretariaat op Stellenbosch.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7310.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

